Een van die nadele van werk by ‘n hagwon is dat mens nie baie vakansie kry nie. Jy kry dit ook nie net wanneer jy wil nie maar wanneer hulle dit vir jou gee.
Ons het met ons langnaweek/winter break besluit om na Jeju- eiland te gaan. As mens vir buitelanders in Korea vra wat hul hoogtepunte was is Jeju altyd op die lys.
Die toer was 4 dae lank. Die ‘new-year’s trip’ was saam met ‘n groep van so 28 mense. Ons het die 28ste Desember net na middernag vertrek uit Seoul, en deur die nag in Gwanju en Daejon gestop om nog mense op te laai. Ons was teen sonop by die Jangheung Ferry terminal te wees. Ons het nie veel slaap in gekry nie – almal was net te opgewonde op met vakansie te wees en daar was geëet, gekuier en gefliek op die bus.
Die ferry is heerlik groot selfs met ‘n Dunkin Donuts. Dit vat onder twee ure om Jeju te bereik. Teen die tyd wat ons op die eiland geland het was die skedule al ‘n paar keer vir ons verduidelik en het ons sommer weggespring en nooit weer gestop nie.
Ons het die volgende gesien:
Saterdag, 29 Desember.
1. Seongsan Sunrise Park 성산일출봉 – nog ‘n UNESCO wêreld erfenis gebied. Dit was ‘n heerlike 30-40 minute stap met ‘n beeldskone uitsig van bo.
2. Gyemnyeong Mazepark 김녕미로공원 . Iets wat ek nog altyd wou doen – rond hol in ‘n doolhof. Jy kry ‘n kaart en as jy jou pad vind is daar ‘n klok wat jy lui aan die einde. Ek het met my kamera gehol om ‘n video te kry en dit eerste gemaak tot by die klok!
3. Manjang Lava tube 만장굴. Nog ‘n UNESCO wêreld erfenis gebied.
Hierdie was onder andere hoekom Korea as een van die sewe wonders van die wêreld verklaar was . Manjangul is die grootse Lawa tonnel/grot in die wêreld. Dis ‘n enkele kanaal was gevorm toe Berg Halla ( ook die hoogste berg in Korea) uitgebars het en die lawa gevloei het om ‘n tonnel te vorm onder die grond. Dit totale lente is van die tonnel is 7,416 meter en is om en by 23 meter wyd en 30 meters hoog ( die hoogste punt).
Binne is dit nat en stil met ligte wat die pad aandui. Dit was so moeilik om fotos te kry met die swak lig en dit was nodig om jouself herhaaldelik te herhinner dat dit nie mens-gemaak is nie.
4. Die laaste stop op die eerste dag se lys was ATV (4wiel) ritte. Ons was nogal poegaai na die lang dag en het dit geniet om te sit en ry. Jy kry ‘n oorpak en dan word daar vir jou gewys waar om te ry. Sou graag nog spoed wou kry en ook wou ry waar ons wil maar Korea is heeltemal te veiligheidsbewus.
Sondag, 30 Desember
Die volgende dag was ons ingeperk deur die weer en het net binnehuise aktiwiteite gedoen.
1. Trick-eye-museum. Ons het talle fotos geneem binne die museum. Dis verskillende motiewe wat geverf is teen die mure. As jy die foto van die regte hoek neem lyk dit 3D op die foto. Sorg vir ure se lag. No jokes.
2. Botaniese tuine. Die pragtigste en baie netjiese tuine wat binnehuis en buite uitgelê is. Dit was baie koue buite en die sneeu het ons vinnig binne toe gejaag, maar dit was nietemin beeldskoon om te sien. Nadat ek, Megan en Jon genoeg gesien het, het ons koffie en Churros geniet. Dis ‘n amerikaanse bederf wat ek nog nooit geproe het nie. Ek het op die ou end twee geëet. Kaneel-erige smaak, so lekker.
Aandete wat heerlike Galbi sop en rys. Ek het Ronmarie het ook gedroogte vis geëet – die koue maak mens honger!
Maandag, 31 Desember.
1. Ontbyt by ‘n koffiewinkeltjie wat deur ‘n klompie none besit en bestuur word. Jy maak jou eie koffie/hot chocolate/tee en dan gee jy net kontant bydraes as jy oppad uit is.
Ons toerleier het vir ons broodjies gegee en dit was baie lekker knus en warm binne. Buite was dit wind,weer en sneeu.
2. Volgende gaan kyk ons ‘n Chinese Acrobatic and motor bike show. Daar was enigiets van jugglers tot akrobate en gimnaste. Die hoogetpunt was natuurlik toe 6 vrouens en een man op motorfietse binne die staal bal gery het. Hulle toet elke keer as hulle rigting verander en as die hele arena donker is sien jy net die motorfietse se ligte wat blitsvinnige in die rondte draai.
3. O Sulock Tea Plantation. My hoogtepunt sonder twyfel. Pragtig groentee plantasies in die wit sneeu en ‘n kans om hulle wonderlike tees te proe. Hulle verkoop ook enige ander tee-produkte soos rome en self tert. Ek het tee gekoop wat smaakvol verpak is en fantastiese gesenke vir die familie. Score!
4. Hike Berg Songak. Vinnige en maklike pad wat so 40 minute tot ‘n uur neem. Baie mooi uitsig van bo en ons het ‘n submarine boot in die see gesien. Mens kan ook Marado sien – die mees suidelike deel van Korea. Ook oorblyfsels van die Japanese wat China via Korea probeer oorneem het. Die gate in die grotte is gebou om ammunisie en manne te huisves.
Hierna was dit tyd vir die nuwe jaar om sy verskyining te maak. Ons het na Jeju se downtown area gegaan om aandete te eet en ‘n ou ietsie te geniet. Die volgende more was ons vroeg op vir ontbyt en strandlangs terug hawe toe.
Ons het twee paartjies gedurende die naweek ontmoet met wie ons heerlik gekuier het en lekker oor die weg gekom het. Een paartjie was Suid-Afrikaners van SA en ‘n paartjie van Amerika. Hy het by haar kom kuier – sy werk in Seoul by ‘n kleuterskool.
Die kuiers in die hotelkamer (wat slaapplek vir 4 was met 1 badkamer – heerlik, skoon en baie naby die see) elke aand was van die hoogtepunte van die naweek!!
Die kos was elke keer ‘n ander dis by verskillende restaurant. Ons het vis, Galbi-sop(vleis), wortelsap (wat op die eiland gekweek word), skulpvissop en ander eg-Koreaanse disse geëet. Elke oggend se ontbyt was eenvoudig – muffins, toebroodjies, joghurt en koffie. Ek is bly ek was gedwing om die Koreaanse disse te probeer – ek sou dalk nie omder normale omstandighede dit geëet het nie.
Dit was ‘n heerlike ervaring! Ek dink alhoewl Jeju is ook pragtig in die somer en daar is ‘n yslike klomp goed wat mens kan sien, doen en ervaar.





